Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Groot verligting ná wendy-ooreenkoms


Die hofsaak teen pensioentrekkers van Worcester wat nie planne ingedien het vir die wendyhuise op hul erwe nie, is voorlopig teruggetrek.

Dié verwikkeling volg nadat Elizabeth Phera en Johannes en Sylvia Hartenzberg vroeër vanjaar deur die Breedevallei-munisipaliteit (BVM) vervolg is. Die Hartzenberg’s van Victoriapark het drie wendy­huise op hul erf vir hul drie kinders terwyl Phera van Parkersdam in haar eie wendyhuis op haar erf woon.

Hulle sê hulle is verlig.

“Ek kan weer rustig slaap. Ek was baie bekommerd,” sê Phera.

Volgens Johannes Hartzen­berg is hy dankbaar dat alles nou tot ’n einde gekom het. “Dit het my gesondheid aangetas, maar ek is net dankbaar en bly dat dit uiteindelik verby is,” sê Hartzenberg.

Colin Wilskut van Breedevallei Onafhanklik (BO), wat die pensioentrekkers met die proses gehelp het om planne te laat optrek en dit in te dien, sê hulle is verheug dat samesprekings vrugte afgewerp het.

“Ek dink wat die BVM hieruit moet leer, is dat ’n mens deur sinvolle sames­prekings baie oplossings kan kry,” sê Wilskut.

Volgens die BVM se speaker, Neil Mercuur, is enkele sake wat onlangs nog op die hofrol was, voorlopig teruggetrek, maar dit moet nie gesien word as ’n permanente staking van vervolging nie.

Hy sê die besluit om vervolging tydelik te staak is gesamentlik deur die BVM se politieke leierskap en admini­strasie geneem.

“Daar is besluit om elke saak individueel te laat ondersoek en om eerder op ’n proses van mediasie as strafregtelike vervolging staat te maak om die kwessies te besleg,” sê Mercuur.

Hy sê die bewoning van wendyhuise en ander tydelike strukture word deur die ernstige behuisingstekort genoodsaak.

“Ons bly ook van mening dat die inwerkingstelling van ’n ‘munisipale hof’ die raad in staat sal stel om oortredings van die bouregulasies en ander grondgebruikkwessies beter te besleg,” sê hy verder.

Mercuur sê die publiek sal deur die BVM-raad se webwerf, Facebook-blad en ander amptelike kanale op hoogte gehou word van verdere verwikkelinge in hierdie verband.

Wilskut sê hulle hoop dat die BVM die wet voortaan konsekwent sal toepas.

Meer oor:  Worcester
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.