Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Grootouers doop eerste kleinseun

Emosies het Sondag hoog geloop toe ’n ouma en oupa saam hul eerste klein­kind gedoop het.

Die leraarpaar, Estelle en Hubert Johnson, het die geleentheid gehad om hul eerste kleinseun, die sewe maande oue Luke Morgan, in die Emmanuel Congregational Church in Worcester te doop.

“Ons het dit as ’n groot voorreg beskou toe ons dogter ons gevra het – nie net omdat hy ’n seun is nie, maar ook aangesien ons net dogters in ons gesin het,” het die trotse oupa gesê.

Vir Estelle, wat al 31 jaar lank ’n eerwaarde by die kerk is, was dit ’n baie spesiale dag vir die familie.

“Dit was nogal ’n emosionele dag vir ons as familie. Dit was ’n voorreg om hom te doop. Ons het ook sy niggie gedoop. So, dit was definitief ’n spesiale dag vir ons. Selfs die derde babatjie wat gedoop is, het ’n spesiale plek in ons harte,” sê eerwaarde Johnson.

Luke se ouers, Mirelle en Gladwin Morgan, stem saam dat dié dag baie spesiaal was vir hulle as ’n gesin.

“Ek dink dat hy ’n seun is, is genoeg rede dat dit ekstra spesiaal is. Ons is drie susters. My ouers se oudste kleinkind is toe ’n seun. Dit het hierdie geleentheid net meer wonderlik gemaak,” sê Mirelle. Die eerwaardes het ook twee jaar gelede die Morgan-paartjie getrou, wat deesdae in George bly.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.