Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hamlet groet bekende eertydse slaghuiseienaar

Hennie Geldenhuys, onder inwoners van Prince Alfred Hamlet alombekend as Hempa, het Maandagoggend sy stryd teen kanker verloor.

Boodskappe van medelye en simpatie het onmiddellik ná sy dood na die familie ingestroom.

Hempa is in die ouderdom van 68 dood. Hy was ’n bekende inwoner op die dorp wat slegs ’n paar kilometer buite Ceres geleë is.

Hempa se bekende kunstenaar-seun, Pietman, sê sy pa was ’n geliefde inwoner in Prince Alfred Hamlet. Die meeste mense het hom as eienaar van die Geldenhuys-slagtery geken. “My pa het baie mense se lewe geraak. Hy het altyd vir die kinders by die slaghuis ’n stukkie droëwors gegee,” sê Pietman.

Hempa het bykans 24 jaar terug die slagtery gekoop. Sowat vyf jaar gelede het hy die slaghuis toe aan JB Erasmus verkoop.

Hempa is gebore en getoë in Prince Alfred Hamlet. Pietman sê toe sy pa by die destydse Suid-Afrikaanse Spoorweë gewerk het, het hy altyd toekennings vir die bestuurder van die jaar ontvang. In sy jonger dae was hy ’n kranige sportman. Hy het vir Ceres-rugbyklub gespeel.

Hempa se dood laat ’n leemte vir die Geldenhuyse. “Ons as gesin het op Sondae altyd saam krieket in ons tuin gespeel. Ons het ook altyd in die Karoo vakansie gaan hou. En ons was lief vir saam eet. My pa het gehou van braai,” sê Pietman.

Behalwe dat hy sy sin vir humor by sy pa geërf het, sê hy sy pa het ook ander goeie eienskappe gehad. Hy sê sy pa was vrygewig en het ’n goeie lewenslus gehad.

Goed wat sy pa begin het, het hy altyd deurgesien.

Hy word oorleef deur sy vrou, Hester, seun en dogter, skoondogter, kleindogter en drie susters.

’n Begrafnis word môreoggend om 11:00 by die NG kerk Prince Alfred Hamlet gehou.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.