Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Help om die gety van korrupsie in dorp te draai

Worcesteriete wat hunker na die herstel van goeie waardes en integriteit in die gemeenskap, kan volgende week prof. Erwin Schwella se dinkskrum hieroor bywoon.

Dit sal as beginpunt dien vir ’n langtermynveldtog waarvoor ’n klein groep Worcesteriete hulle reeds as vrywilligers beskikbaar gestel het. Die oogmerk is om aktief aan ’n klimaat te bou van integriteit en die gety só te begin draai teen onbeheerde korrupsie wat Suid-Afrikaners se toegang tot dienste en hulpbronne aftakel.

Die dinkskrum word onder die vaandel van Integritas gehou, die geesteskind van Schwella van die Skool vir Sosiale Innovasie by Hugenote Kollege. As kenner van openbare leier­skap het hy die inisiatief begin om wyd­verspreide korrupsie van voetsoolvlak te begin bekamp, in ooreenstemming met nasionale pogings om dit in regeringstrukture te beveg.

Worcester is een van die bekend­stellingsdorpe met ds. Hans Steyn as plaaslike skakel. Die visie is egter ’n landwye netwerk van Integritas se plaaslike integriteitsgemeenskappe. Integritas word reeds onderskryf deur organisasies soos die Sentrum vir Goeie Regering in Afrika en die Wes-Kaapse Raad van Kerke en het noue skakeling met organisasies wat soortgelyke werk in ander lande doen.

Schwella en Steyn doen ’n beroep op sakelui, gemeenskapsleiers en inwoners om die geleentheid Donderdag 15 Oktober om 18:00 by die Cumberland-hotel by te woon. “Ons glo daar is mense wat saam met ons ’n dringendheid het om die gety teen korrupsie en algemene waardeloosheid te begin draai en ook weet ons kan nie langer wag dat iemand anders daarvan werk maak nie. Ons glo ambisieuse projekte is moontlik as die regte mense belangstel en daarom nooi ons mense wat sterk hieroor voel en innoverend kan saamdink om as verskilmakers by ons aan te sluit.”

Belangstellendes kan bywoning nie later nie as Vrydag 9 Oktober bevestig by melishia@pooltransport.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.