Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Help só minder plastiek mors

Volgens sommige wetenskaplikes sal die see binnekort meer plastiek as visse hê, maar nou kan ouers hul deel doen om ekovriendelik te wees.

Duisende skoolkinders skaf elke jaar boeke aan en nie eens die helfte daarvan word gebruik nie. Boonop word die boek wat met plastiek oorgetrek is, weggegooi. Dit dra by tot die mors met plastiek, wat reeds ’n baie groot probleem is.

Dié statistieke het Walter Ortell en sy organisasie met die idee van die LeeoServ-pakketprojek vorendag laat kom.

“ ’n Graad 8-leerder het byvoorbeeld 10 boeke met altesaam 1 100 bladsye nodig. As ons net 50% daarvan gebruik, word die ander 550 blaaie weggegooi. Dan word die boek met die plastiekoortreksel ook weggegooi,” sê Ortell.

Die LeeoServ-pakket is só opgestel dat nie baie plastiek en onnodige boeke gebruik word nie.

“Die grootste dryfkrag agter hierdie projek is dat duisende ton papier en plastiek elke jaar gestort word. Ons hoor van aardverwarming en drywende plastiekeilande in die oseane, maar ons steur ons nie daaraan nie. Die projek is een manier hoe ons dit kan voorkom, oftewel ons deel kan doen,” voeg Ortell by.

Die projek en die pakkette is ekonomies bekostigbaar en ekovriendelik.

Volgens Ortell kos die huidige pakket vir ’n graad 8-leerder om 10 boeke te koop en oor te trek minder as R120. Hy sê die oortrekmateriaal is van so ’n aard dat dit weer en weer gebruik kan word.

“Die oortrekmateriaal kan vir minstens drie jaar gebruik word. ’n Alternatiewe pakket (LeeoServ-metode) is ook beskikbaar waar jy geen oortrekmateriaal nodig het nie.

Die LeeoServ-pakket sluit die kernpakket in en die leerder kry net die notas wat hy/sy sou benodig.

Die pakket hou die notas bymekaar.

“Die hoeveelheid boeke en plastiek wat weggegooi word is dan baie minder,” sê hy.

Van die voordele van die LeeoServ-model is dat geen oortrekmateriaal benodig word nie. Dit spaar tyd, is sagter op die begroting en verminder stres oor Desember en Januarie.

Daarbenewens is dit opvoedkundig omdat leerders leer hoe om hul studiemateriaal netjies en georganiseerd te hou.

Leerders word ook meer bewus van hul verantwoordelikheid om nie papier en plastiek te mors nie en so help hulle ook die wêreld se pogings teen die besoedeling van riviere en die oseane.

Ouers en onderwysers sal ook meer bewustheid skep oor die buitensporige gebruik van papier en plastiek en die uitwerking wat dit op natuur het.

Hy sê hulle beoog ook om skole te vra om boeke wat hulle nie gebruik nie, aan hulle te gee. Hulle sal dit dan oordoen en aan minderbevoorregte skole skenk.

Ortell sê hulle was nou al by ’n paar skole met die LeeoServ-model en die terugvoering tot dusver was positief.

Die LeeoServ-model is ’n lewensvatbare en volhoubare voorstel en sal gewis ’n positiewe sosio-ekonomiese impak op al die belanghebbendes hê.

Mense wat nog inligting wil hê, kan 081 523 2524 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.