Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Herstelwerk vorder goed by gebrande Boetman-koshuis
Boetman-koshuis


Herstelwerk aan die Boetman- junior koshuis van die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) op Worcester vorder goed ná die skade wat vroeër vanjaar in ’n brand veroorsaak is.

Die dak is reeds volledig vervang en herstelwerk aan die vloere en binnestruktuur is aan die gang.

Na verwagting sal die 17 dowe seuntjies van die skool, wat dié tuiste van hulle tragies verloor het, weer in Januarie in hul “nuwe” koshuis kan intrek. Hulle word tans in ’n ander gebou op die NID-kampus gehuisves.

Die gebou, wat deur die Wes-Kaapse onderwysdepartement vir gebruik deur die skool gehuur word, is beskadig toe van die seuntjies die brand in ’n spelery veroorsaak het. Danksy die kundige diens van die plaaslike brandweer is die skade beperk sodat strukturele ingenieurs dit nie nodig geag het om die mure te herbou nie.

Die onderste verdieping het net waterskade opgedoen.

Finansiering is ontvang om van die koshuise met brandalarms en gespesialiseerde waarskuwingsligte toe te rus, maar meer hulp is nodig om al die koshuise vir die dowe inwoners veiliger te maak.

Die NID is baie dankbaar dat niemand in die brand beseer is nie, sê ’n woordvoerder. “Die NID is saam met die skool baie dankbaar vir die brandweer se optrede asook teenoor die publiek wat tot 20:00 daardie aand én die dag en weke daarna toegesien het dat die kinders al die benodigdhede het wat hulle verloor het. Worcester en die gemeenskap in die res van die Wes-Kaap het gewys hulle kan en wil help en dat hulle ’n omgee-gemeenskap is.”

Die NID het sy dank uitgespreek teen­oor al die individue, gesinne, orga­nisa­sies en sakeondernemings wat hulle ondersteun het en steeds doen en die herstelproses moontlik maak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.