Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoe lyk die res van die streek?

Die Witzenberg-munisipaliteit, wat eens as ’n “warm kol” bestempel is, se gevalle en aantal mense wat herstel, lyk noemenswaardig.

Teen druktyd het die aantal positiewe Covid-19-gevalle op 449 gestaan. Uit dié gevalle het 321 al herstel, 114 is aktiewe gevalle en 14 mense is in hierdie munisipale streek oorlede.

Bella Vista het tans 23 gevalle, Ceres het 28 gevalle en N’duli slegs 27 gevalle. Prince Alfred’s Hamlet het 24 gevalle, terwyl Wolseley slegs agt het. Tulbagh het twee positiewe en aktiewe gevalle waar Dwarsrivier-tronk en die Koue Bokkeveld elk slegs een het. Obiqua-tronk, Op-die-berg en die Warm Bokkeveld het geen gevalle meer nie nadat omstreeks 27 altesaam tussen dié drie verdeel is.

In die Langeberg- munisipale streek is tans 91 aktiewe gevalle. Die algehele getal Covid-19-gevalle in die streek staan tans op 161 met 68 mense wat herstel het. Twee is in dié streek aan Covid-19 oorlede.

Robertson staan tans op 40 aktiewe gevalle. Ashton het 32 gevalle terwyl Bonnievale op slegs 10 gevalle staan. Montagu het nege aktiewe Covid-19-gevalle en McGregor het geen.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.