Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoe voel Vallei se mense?

Uitdrukkings soos self-afsondering, werk-van-die-huis-af en sosiale distansiëring is relatiewe terme wat nou gekoppel is aan die bevegting en bekamping van die koronavirus. Standard het deur sosiale media uitgereik na lesers om presies uit te vind hoe hulle te midde van hierdie wêreldwye krisis voel:

“Ek kom nie baie tussen mense nie. Slegs as ek my maand se kos gaan koop en by die hospitaal moet wees,” sê Louise Koekemoer.

Die kommer by swanger vroue is egter groter.

“Ek het egter agtergekom dat ek en baie ander swanger vroue vrees vir wat op pad is en wat nog gaan gebeur. Hierdie storie eis ’n groot tol op mense – fisiek en emosioneel. Veral vir dié wat reeds sukkel met angs. Dit voel letterlik asof daar nie hoop is nie,” skryf Deleine Jansen van Rensburg.

Hoewel die WGO ook in ’n verklaring gesê het dat swanger vroue bewus en pro-aktief moet optree, is daar geen rede tot meer kommer omdat jy swanger is nie.

“Dit maak dat ek glad nie die huis wil verlaat nie. Gaan ek veilig wees? Gaan my baba veilig wees?” skryf Jansen van Rensburg verder.

Sidney Arêndse is egter van mening dat mense se grappe in swak smaak is.

“Mense wat maskers en handskoene dra, word uitgelag. Dit is wat die virus so gevaarlik maak – mense onderskat dit. Ek self probeer net by die riglyne hou wat die president gestel het. Ek sou verder verkies dat taxistaanplekke ook eerder eers gesluit word,” sê hy.

Ander kommentaar wat deur Valleiers ingestuur is, noem dat reinigingsmiddels (hand sanitiser) op verskeie plekke in en om Worcester uitverkoop is en dat sommiges ander op sosiale media probeer uitbuit om dit teen verhoogte pryse te verkoop.

Hoewel kommer en paniek aan die orde van die dag is, is daar ook diegene wat positief is en hulself op ander maniere voorberei en beveilig.

“Dit raak my glad nie. Ek hou my oë gevestig op die Here en nie op die paniek wat mense saai nie. Ek staan in my geloof dat alles ten goede sal meewerk,” skryf Desiree Wesche van Worcester.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.