Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hoërskool beplan astrobaan

Hoërskool Robertson gaan volgende jaar die trotse eienaar van ’n nuwe astrobaan wees.

Die skool het die behoefte raakgesien vir sy hokkiespelers sowel as die omliggende skole se spelers om toegang te verkry tot ’n astrobaan waar speler hul hokkie kan bevorder en tegnieke kan verbeter.

Hoërskool Robertson sien die astrobaan as ’n sakegeleentheid waar die skool ook geld kan maak deur dit beskikbaar te stel vir proewe, sportklinieke en uit te huur aan buurskole.

“Ek is baie opgewonde oor die moontlikheid van ’n astrobaan vir ons skool, veral die hokkiespanne. Dit bied spelers die geleentheid om hulle hokkievaardighede te ontwikkel en ten toon te stel,” sê skoolhoof Jacques Bradford.

Bradford sê die skool is daartoe verbind om die leiding te gee in die voorbereiding van die leerders se toekoms en dit is noodsaaklik dat hulle op hoogte bly met die moderne tegnologie en ontwikkelings. Die astrobaan is een so ’n ontwikkeling. “Die finansiering vir hierdie projek is ’n uitdaging, maar soos ons weet, bring alle uitdagings belonings en geen uitdaging is onmoontlik nie,” voeg Bradford by.

Die eerstehokkiespankaptein, Jacobus Uys, sê hy glo die astrobaan sal ’n reusebelegging vir die skool wees. “Elke jaar het ons skool ten minste twee of drie Boland-hokkiespelers. Ek glo dit kan meer wees as die astrobaan gebou word. Ek weet die astrobaan kan die skool se hokkie verbeter en dit na nuwe hoogtes vat,” sê Uys.

Die skool beoog om in 2019 met die bou van die astrobaan te begin mits hy al die finansiering wat hy nodig het kry. Hulle is tans in die proses om sakeondernemings en lede van die gemeenskap te skakel in die hoop om finansiële ondersteuning te kry.

Volgens die skool het hy die astrobaan in blokke verdeel wat gekoop kan word.

Kopers se name sal dan by die veld op ’n muur aangebring word as ’n blyk van waardering aan die skool se trotse ondersteuners vir die bou van die baan.

Enigiemand wat graag ’n donasie wil maak, kan Hattingh van Dyk by 071 224 8730 of 023 626 3159 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.