Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Honderde kinders kry kos op Mandeladag

Worcester Cares is ’n sosiale­mediagroep wat reeds die afgelope paar maande ’n reuseverskil in Worcester maak.

Dié groep het ’n ernstige be­hoefte in Riverview, Avianpark en Roodewal raakgesien. Mandeladag (Saterdag 18 Julie) was vir Worcester Cares baie spesiaal.

“Ons het vir meer as 400 kinders ’n maaltyd gegee danksy skenkings uit die gemeenskap. Ons is ’n gemeng­de groep van bykans 40 lede wat uit motorfietsryers en ander mense bestaan,” vertel die bestuurslid van die groep, Vernon Bedworth.

Bedworth vertel die Covid-19- pandemie het hulle glad nie afgeskrik nie omdat mense in hierdie tyd baie meer hulp nodig het. “Dit is hartroerend om te sien hoe mense hul hart vir hul medemens oopmaak en niks terug verwag nie. Hulle doen dit vir die liefde van die saak.”

Dit is vir die groep belangrik dat veral kinders se immuun­stelsel opgebou moet word en dit is een van die redes waar­om hulle ’n gesonde maaltyd aan die kinders verskaf.

“Ons plant net die saadjie, dan stroom die skenkings in. Baie van die skenkers wil nie eens hê ons moet iets op sosiale media plaas nie, maar volgens ons kan die blootstelling ander aanspoor om dieselfde te doen.”

Bedworth sê dit is ’n span­poging wat die maaltye moont­lik maak en hulle sien uit om meer sulke projekte aan te pak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.