Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hou by die nuwe reëls

Ons president, Cyril Ramaphosa, het Maandagaand tydens die land se “familievergadering”, soos sy gereelde toesprake aan die nasie in die volksmond bekend staan, iets gesê wat elke Suid-Afrikaner tot in sy diepste wese moes skok: “Tensy ons drasties ons optrede verander, sal hierdie die laaste Kersfees vir menige Suid-Afrikaner wees.”

Steeds is daar mense wat op elke platform waar hulle kan, bly “aankondig” dat Covid-19 nie bestaan nie, dat dit nie ernstig is nie en dat dit vals nuus is wat die regering gebruik om mense met bose inentings by te kom. Tot ons regter-president het dié valsheid verkondig, nogal op ’n byeenkoms waar gesondheidswerkers teenwoordig was – werkers wat elke dag sien hoe mense aan Covid-19 sterf. By Standard weet ons persoonlik van mense wat die virus gekry en baie siek geword het, selfs gesterf het. Alleen en weg van hul geliefdes.

Ons by Standard doen ’n ernstige beroep op mense om te hou by die nuwe regulasies wat vir die vakansie ingestel is. Al is dit moeilik en anders, doen dit ter wille van daardie een lewe wat jy dalk mag spaar.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.