Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Hy hoop om ‘famous’ te word

’n Talentvolle Worces­teriet maak binnekort sy verskyning op kykNET se talentsoekprogram, Maak My Famous.

Cheswyn Ruiters (23), ’n finalejaarstudent aan die Universiteit van Wes-Kaapland – waar hy BA studeer – sê hy het self ingeskryf, want hy het besef dat dit die perfekte geleentheid is om sy talent te wys.

“Een van my vriende het my van hierdie kompetisie vertel en ek het geweet dis die regte platform om ook meer van die musiekbedryf te leer. Ook omdat ek nog altyd saam met Emo wou werk,” sê Cheswyn.

Maak my Famous word aangebied deur Emo Adams.

“Ek het op die ouderdom van tien begin sing. Op skool het ek musiek as ’n vak gehad en dis waar my groot liefde vir musiek ontwikkel het. Ek wou graag ná skool musiek studeer, maar my pa het besluit dis nie die regte beroep nie.

“In die middel van 2018 het ek besluit, omdat ek nog een jaar van my graad oor het, om my studie op hold te sit en op my musiek te fokus. So, hierdie jaar fokus ek op my sang en musiek,” sê Cheswyn.

Volgens hom sou hy graag saam met kunstenaars soos Lira, Craig Lucas en Amanda Black wil sing. “Paxton Fielies is een van my inspirasies, want sy laat nie haar ouderdom of waar sy vandaan kom, haar terughou nie. Sy werk baie hard. Karin Kortje wat van ’n klein dorpie (Grabouw) kom, is ook een van my inspirasies. Sy wys dat sangers van klein dorpies ook iets in die musiek­bedryf kan bereik,” sê hy.

As stokperdjies kook hy graag, want dit is hoe hy ontspan..Maak my Famous word van 18 April, Donderdae 20:00 op kykNET, DStv- kanaal 144 en 21:00 op kykNET&kie, DStv-kanaal 145 uitgesaai.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.