Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
In hof vir kookwater op hond

’n Man van Riverview het op ’n aanklag van dieremishandeling in die hof verskyn nadat hy glo kookwater op ’n gestremde vrou se hond gegooi het.

Die eienaar van die sewejarige poolhond sê sy het Sondag 3 November opgelet die hond is stiller as gewoonlik, maar het nie veel daarvan gedink nie.

“Ek het eers die Maandag nader ondersoek ingestel, want gewoonlik is hy baie energiek en spring altyd op my. Dis toe dat ek opgelet het hy het wat soos brandwonde lyk, op sy lyf gehad.”

Die eienaar, wat nie haar naam wil noem nie, is ’n parapleeg en kon nie maklik sien wat fout is nie. Haar ander hond is glo ’n paar maande gelede vergiftig. Sy het nie nog geld gehad om Sparky na die veearts te neem nie.

“Ek het vriende en familie gevra of hulle nie weet wat ek aan my hond se wonde kan sit nie. Een van my kollegas het laat weet sy het met die diere-organisasie Sandy’s Eden gepraat en ’n vrou sou by die huis na Sparky kom kyk.”

Sy wonde was egter so erg dat hy na Sandy’s Eden toe moes gaan sodat hy behoorlik versorg kon word. Hy is onmiddellik op pynmedikasie gesit en is vir sy brandwonde behandel.

Verder verduidelik sy eienaar dat sy nie van plan was om die saak aan te meld nie, maar een van haar bure en ’n ooggetuie het haar vertel wat gebeur het.

“Die een vrou het met my kom praat en ’n ander seun het my vertel hoe hy gesien het hoe ’n 42-jarige man my hond met kookwater gegooi het. Ek kan nie verstaan nie, want hy is ’n baie vriendelike hond en was nog nooit aggressief teenoor enigiemand nie. Almal in die straat het geweet wie hy is.”

Die eienaar het ’n klag by die polisie ingedien.

“Ek het net gedink mense moet weet hulle kan nie net wegkom met diere­mishandeling nie. Mense moet besef hoe ernstig dit is. Niemand het die reg om ’n hond so te behandel nie.”

Sparky is tans stabiel en sy wonde word gesond.

Die verdagte is Donderdag 21 November in hegtenis geneem en het dieselfde dag in die Worcester-landdroshof verskyn.

Die saak is tot 9 Januarie uitgestel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.