Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Innovation For The Blind lig sluier oor omkeerstrategie

“Ons hoor gereeld die vraag ‘Waarheen is Innovation for the Blind op pad?’ van vriende en ondersteuners wat wil help om ons visie ’n werklikheid te maak,” sê Albie Heigers, uitvoerende hoof van die instansie.

Dié visie is om die lewensgehalte van visueel gestremdes meetbaar te verbeter. “Ons het ons naam en handelsmerk verander om voort te bou op ons trotse tradisie en karakter, maar ook aan te dui hoe ons die toekoms gaan takel,” sê Heigers.

Die intensiewe omkeerstrategie wat sedert 1 September verlede jaar by Innovation For The Blind (voorheen Instituut vir Blindes) in Worcester begin is, is goed op dreef.

Dit is op die pas afgelope jaarvergadering en die onlangse bekendmaking van die finansiële resultate vir die 2017-’18-boekjaar bevestig.

Die finansiële resultate vir hierdie tydperk vergelyk uiters gunstig met dié van die afgelope vier jaar toe reserwes (wat van ’n organisasie soos hierdie van kardinale belang is ten einde inkomsterisiko’s tot die minimum te beperk) erg uitgeput was.

Om seker te maak dat foute uit die verlede nie herhaal word nie, het die nuwe beheerraad ’n vars oog en objektiewe ontleding van die historiese aanwending van reserwes aangevra, wat aanbevelings aan al die betrokke partye sal insluit. Hieruit het dit geblyk reserwes is vir die voortbestaan van uitgediende modelle gebruik, veral die sogenaamde nywerheidsafdelings wat pleks van beplande surplusse tot erge tekorte gelei het.

Die fokus op volhoubaarheid van alle aktiwiteite gaan voort en daarom is die proses begin om ook die klein binnenshuise- of kontak-opleidingsafdeling, te sluit. Dié afdeling is nie volhoubaar nie en pas ook nie in die toekomstige strategie in nie, sê Heigers. Vaardigheidsontwikkeling sal in die toekoms in samewerking met opleidingsinstansies geskied eerder as dat Innovation for the Blind self as opleidingsentrum optree.

Heigers sê Innovation For The Blind gaan geposisioneer word as innoveerder met kernaktiwiteite wat versorging, terapeutiese dienste en vaardigheidsontwikkeling van visueel gestremdes insluit. Die kernaktiwiteite word ondersteun deur nuwe inisiatiewe wat tans ondersoek en oorweeg word.

Winsgewende aktiwiteite wat kontant en winste tot voordeel van Innovation For The Blind genereer, gaan nou uit gesamentlike ondernemings en moontlik die gebruik van die onbenutte of onderbenutte eiendomme van Innovation for the Blind bestaan. Heigers sê dit sal deur sorgvuldige lewensvatbaarheidstudies en aanbevelings voorafgegaan word waardeur reserwes weer opgebou sal word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.