Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Interessante kursusse vir wyndruifverbouers

Wyndruifprodusente sal vanjaar oudergewoonte weer die kans kry om hul spanne vir Vinpro se jaarlikse reeks wingerdkursusse in te skryf.

Dié wingerdopleidingsreeks word moontlik gemaak deur die Vinpro-stigting en sal die hele spektrum van wyndruifverbouing dek.

“Vinpro se reeks wingerdkursusse help produsente en hul spanne om die beste uit hul wingerd te kry deur te verstaan hoe dit wat hulle vandag doen, uiteindelik ’n uitwerking op die oes en wyn op die rak gaan hê. Die beste wyne begin in die wingerd en by die mense wat dit elke dag versorg,” sê Hanno van Schalkwyk, ’n Vinpro-wingerdboukundige aan die stuur van die kursusse.

Vinpro het tot dusver al 1 500 mense in 68 werksessies van 2012 af opgelei. Verskeie opleidingsopsies is beskikbaar, waarvan die gewildste ’n eendagkursus is.

“Ons opleidingsbeamptes begin die dag met ’n aanbieding en video, wat ons studente in hul gedrukte notas kan volg. Ná middagete gaan ons na die wingerd en oefen daar deur middel van praktiese demonstrasies,” sê Van Schalkwyk.

Produsente kan hul spanne vir een van die eendagsessies registreer deur die opleidingskantoor te kontak en die sessies op hul plaas te versoek.

Halfdagkursusse is vir ’n vinnige verfrissingsessie beskikbaar.

Die volgende eendagkursusse is beskikbaar:• Wingerdvestiging: 7 tot 28 Mei• Snoei: 29 Mei tot 19 Junie• Grondbestuur: 25 Junie• Identifisering van siektes en plae: 2 tot 31 Julie• Bemesting: 17 Julie• Besproeiing: 1 tot 22 Augustus• Grondkunde: 15 Augustus• Stokontwikkeling: 3 tot 25 September• Oes van wyndruiwe: 17 September• Lowerbestuur: 26 September tot 10 Oktober

Die kursusse is meestal in Afrikaans, maar spesifieke sessies sal in Engels aangebied word.

Die eendagkursus is beskikbaar teen R300 per persoon, en die halfdagkursus teen R180 per persoon.

Indien jy belangstel kan jy www.vinpro.co.za besoek vir meer inligting oor die opleiding in jou streek of kontak die opleidingskantoor by 021 276 0429 of training@vinpro.co.za.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.