Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Inwoners gemaan om deel teen die pandemie te doen

Covid-19 is ’n werklik­heid en ons moet dit nie ligtelik opneem nie.

Nou is die tyd dat ons ons gesinne, kinders en die gemeenskappe beskerm. Die Covid-19-pandemie het veroorsaak dat ons nou reeds 105 dae in ’n staat van inperking verkeer. Van ’n algehele grendeltydperk, vlak 5 wat aanvanklik 21 dae sou duur, tot waar ons tans is, op vlak 3.

Met die verslapping van die inperkinsregulasies na vlak 3 het die agbare president, Cyril Ramaphosa, gesê die verantwoordelikheid om dié virus te bestuur, is nou in ons hande.

’n Groot verantwoordelikheid rus dus op die algemene publiek, ja, op jou en op my, om die daagliks groeiende infeksies te vertraag en te beperk. Die algehele inperking het grootliks hierin geslaag. Dit is egter teleurstellend dat die publiek steeds nie die koronavirus ernstig opneem nie – die getroues en verantwoordelikes uitgesluit.

Myns insiens is dit omdat baie mense nog nie self geïnfekteer is nie of dat hulle nog nie mense na aan hulle aan die dood afgestaan het nie. Hoe dit ook al sy, die publiek staan nog geweldig onverskillig teenoor die virus.

Die feit is dat mense sterf as gevolg van die virus. Ouer, maar ook jonger mense sterf tans wêreldwyd. Kinders word wees gelaat en alternatiewe versorgers moet vir hierdie wesies gekry word. ’n Ongekende aantal mense is werkloos en van staatshulp of ander aalmoese afhanklik. Die volle impak van die koronavirus kan nie hier volledig beskryf word nie, maar weet dit dat die impak ingrypend en vreesaan­jaend is.

Kom ons gee ons volle samewerking om Covid-19 te beveg. Die slagspreuk “together we can” moet nou uitgeleef word. Mense, ons moet ons persepsies begin verander – die virus is nie soseer in winkels, skole, kerke, ensovoorts nie, maar in mense. Ons dra die virus, ons versprei dit.

Ons moet ons houding jeens die virus sowel as ons gedrag drasties en baie vinnig ook verander.

Belangrik om te onthou, is dat die reël nog van toepassing is: Bly by jou huis as jy moet. Hierdie reël word egter willens en wetens deur die publiek verontagsaam, want daar is ’n oor en weer kuiery waar alkohol vrylik gebruik word.

Groepe jongmense beweeg en verkeer saam en kinders speel in die strate tussen ander kinders met geen veilige afstand en maskers nie. Onthou die volgende:. Dra jou masker sodra jy buite jou huis/werf beweeg (dus wanneer jy in die openbaar is).. Behou ’n veilige afstand van ongeveer 1,5 meter. . Was jou hande gereeld met seep en water of gebruik ’n handreiniger met ’n alkohol-basis.. Moenie werk- of skool toe of iewers heen gaan as jy siek is of griepverwante simptome ondervind nie.. Hoes en nies in ’n sneesdoekie en raak veilig van die sneesdoekie ontslae. Alternatiewelik, hoes of nies in die hoek van jou arm.

As jy bogenoemde doen, wys jy eerstens dat jy respek het en verantwoordelikheid aanvaar vir jou eie gesondheid en veiligheid en tweedens toon jy genoeg respek en verantwoordelikheid vir die gesondheid en veiligheid van jou medemens – dit is mos die Ubuntu-gees.

As publiek ken jy al die roetine, maar ons moet dit toepas en moenie opstandig, onbeskof of geïrriteerd raak wanneer jy plekke besoek waar die reëls vereis of afgedwing word nie. Dit is net teenproduktief en help net die verspreiding aan.

Kom ons wees trots Suid-Afrikaans. Kom ons raak verantwoordelike burgers van die land. As Suid-Afrika jou ooit nodig gehad het, dan is dit nou. So kom en doen jou deel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.