Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
James Small, rugbyheld, sterf
James Small

James Small, die bekende, en soms berugte Springbok-vleuel wat die reuse All Black Jonah Lomu op sy neus laat kyk het, is gister op 50 aan 'n hartaanval dood.

Luidens 'n verklaring deur SA Rugby is Small Dinsdagaand in die hospitaal opgeneem en is Woensdagmiddag oorlede.

SA Rugby se president, Mark Alexander, het sy medelye met Small se gesin en vriende uitgespreek en gesê James sal altyd 'n spesiale plek in die harte van rugbyliefhebbers en Suid-Afrikaners hê, veral na die Springbokke se oorwinning oor die All Blacks in die Wêreldbeker-eindstryd van 1995.

Dit was juis in dié toernooi waar Small sy reputasie as 'n onverskrokke speler versterk het toe hy Lomu, die groot NZ-speler, op sy neus laat kyk het en hom weerhou het daarvan om 'n drie in dié wedstryd te druk. Lomu is in 2015 oorlede aan 'n nierkwaal. 

Die sogenaamde 'stout seun' van rugby in SA, het sy toetsdebuut in 1992 vir die Bokke gemaak, en het ook vir die Stormers, Sharks en Leeus gespeel. Hy het sy land in 47 toetse verteenwoordig en het in 1997 uitgetree. 

Small is die derde lid van die 1995-Springbokspan wat dood is. Losvoorspeler Ruben Kruyger is in 2010 aan brenkanker dood en Skrumskakel Joost van der EWesthuizen is aan motorneuronsiekte dood in 2017.

Small het altesaam 20 drieë vir die Bokke gedruk. HY het verskeie rekords in sy loopbaan gehou: Hy het in die eerste toets vir die Bokke gespeel nadat Suid-Afrika teruggetree het in die wêreldarena, as wenner van die Wêreldbeker en hy was ook die eerste Bok wat in 'n toetswedstryd van die veld af gestuur is.

Small was 'n geliefde mens van die veld af, en geweldig baie staaltjies oor hom is die afgelope dag deur vriende en eertydse spanmaats op sosiale media en in nuusberigte gedeel. 

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.