Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong man (18) sterf in brand


’n 18-Jarige jong man van Avianpark het tevergeefs om hulp geroep toe die woonstruktuur waarin hy geslaap het, besig was om af te brand. Hy is in die brand dood.

’n Huis en twee strukture op die erf in Kuikenstraat waar Franco Douries gewoon het, is Donderdagoggend in die brand verwoes.

Skade na die brand.Foto: Verskaf

Altesaam sewe mense het op die perseel gebly. Niemand anders is ernstig in die brand beseer nie. ’n Vyfjarige moes vir rookinname behandel word.

Volgens ’n familielid, Leonie Louw, het Franco glo geslaap toe die brand in sy woonplek ontstaan het. Sy sê sy kon hoor hou hy tevergeefs uitroep “Mamma, kom help!”.

“Mense het buite geskree kom help, Franco, brand,” sê sy. “Ek was baie lief vir hom. Hy was gehoorsaam en stil,” sê Louw.

By navraag het die Worcester-polisiewoordvoerder, AO Julian Plaatjies, die voorval en Franco se die dood bevestig. “Ons het omstreeks 05:45 ’n klagte ontvang van ’n huis wat by Kuikenstraat 131 brand. Die plaaslike brandweer was ook op die toneel en het die vuur geblus. Met verdere ondersoek op die toneel is die liggaam van ‘n agtienjarige volwasse manspersoon binne die afgebrande struktuur gevind,” sê Plaatjies.

Hy se geen gemene spel word vermoed nie en ‘n geregtelike doodsondersoek is geopen. Franco is op die toneel dood verklaar.

Die familie het al hulle besittings in die brand verloor.

Persone wat dalk donasies aan die familie wil skenk, is welkom om Louw by 073 605 0554 of Sue-Ellen Van Der Merwe by 073 410 4482 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.