Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Jong rugbyspeler se dood skok almal

Die gemeenskap van Tulbagh is in rou gedompel ná die dood van ’n jong rugbyspeler.

Bradlyn Lewis (20) was amper drie weke in die hospitaal nadat hy in ’n fratsongeluk ernstige beserings opgedoen het. Hy is Vrydag 10 Januarie in die Tygerberg-hospitaal opgeneem.

“Hy was in ’n koma. Die dokters het hom later uit die koma gebring, maar hy het nie gereageer of selfs sy oë oopgemaak nie,” vertel sy tante, Esmeralda Fienies.

Wyle Bradlyn LewisFoto:

Hy is Donderdag 30 Januarie oorlede. Volgens Fienies het hy breinskade opgedoen en sy longe het platgeval. Die familie wou nie uitbrei oor die aard van die ongeluk nie.

Sy vertel hoe Lewis al van skooldae af ’n kranige sportman was. Hy het ná skool by die Tulbagh-rugbyklub aangesluit en sy afrigter, Greg Louw, kan nie uitgepraat raak oor hoe ’n belowende speler hy was nie.

“Al woord om vir Chucky te beskryf, is ‘dinamies’. Hy was alles wat jy in ’n jong rugby­speler wou hê. Toe hy by ons aangesluit het, het hy in die derde span begin, maar na drie wedstryde het ek hom na die eerste span geskuif waar hy vleuel gespeel het.

“Al ons toeskouers het later geweet wie Bradlyn Lewis is en ek is seker hy het grotendeels bygedra tot die groei in ons ondersteuning die laaste paar jaar. Hy was net só goed,” sê Louw.

Terselfdertyd met ’n emosionele stemtoon onthou die afrigter die man agter die speler.

“Hy was ’n vrolike mens. Al was hy maar net 20 jaar oud kan ek met sekerheid sê hy het sy lewe voluit gelewe. Hy was soos ’n kind in ons huis en was almal in Tulbagh se kind.”

Fienies vertel verder dat hy ’n goeie geaardheid gehad het.

“Hy is regtig ’n mensemens. Hy was ’n go getter en het nooit stilgesit nie. Bradlyn het diep in alma se harte gekruip.”

. ’n Begrafnisdiens word Sondag 9 Februarie beplan met ’n diens by Nuwestraat 38 om 13:00 en ’n kerkdiens in die VGK in Ryk Tulbaghstraat om 14:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.