Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kabeldiewe hou Worcester in die duister

Die munisipaliteit loop erg onder kabeldiewe deur en dit laat dele van Worcester soms lank in die donker gehul.

In die afgelope tydperk is 43 gevalle van gesteelde of beskadigde kabels in die netwerk van straatligte aangemeld, sê die woordvoerder van die Breedevallei-munisipaliteit, Johan Botha.

Inwoners van Worcester kla maande al oor straatligte wat buite werking is en hoe hulle negatiewe gevolge moet dra, soos onder meer mense wat beseer of aangeval word omdat hul strate donker is.

Volgens die munisipaliteit is daar 43 gevalle van gesteelde of beskadigde kabels in die netwerk van straatligte die afgelope tyd aangemeld. Foto:

Volgens Botha neem die opsetlike beskadiging en diefstal van straatligte se kabels en toerusting kommerwekkend toe.

“Hierdie tendens plaas die munisipaliteit se straatlig-netwerk onder geweldige groot druk en veroorsaak groot ongerief vir inwoners,” sê Botha.

Volgens ’n brief van ’n inwoner wat in Claude Samuelstraat woon, vroeër in Standard, is dit verstommend hoe lank die straatligte af is. Die inwoner sê die gedeelte rondom Claude Samuel-, Le Seurstraat en Leipoldtlaan is saans pikdonker wanneer mense van die werk af kom. Die inwoner vra ook of iemand eers moer seerkry voordat iets gebeur?

Nog ’n inwoner wat in Heynsstraat woon sê in Julie was daar ’n seun met ’n mes aangeval en hy moes drie steke in sy arm kry. Dit is, volgens die inwoner, weens mense wat rondloop en kanse vat omdat hulle weet die ligte werk nie en hulle mense kan bekruip.

“Heynsstraat het die afgelope ruk ook deurgeloop en waar die kabel herstel is word dit eenvoudig net weer beskadig en gesteel. Die frekwensie van hierdie onwettige optrede het tot gevolg dat die munisipaliteit se personeel nie kan voorbly nie en toerusting uitgeput raak. Private kontrakteurs word teen groot koste aangestel en tenders vir addisionele toerusting moet aangevra word. Hierdie optrede kos die belastingbetaler duisende rande. Een voorval alleen kan ’n groot area affekteer,” sê Botha.

Heynsstraat het die afgelope ruk ook deurgeloop en waar die kabel herstel is word dit eenvoudig net weer beskadig en gesteel.
BVM-munisipaliteit

Botha sê met die sterk winde wat tans ondervind word gebeur dit ook dat boomtakke wat tussen die oorhoofse kabels deur groei kortsluitings veroorsaak.

“Die munisipaliteit doen sy bes om onderbrekings so spoedig moontlik te herstel en bedank die publiek vir hul begrip en geduld. Dit is ’n buitengewone situasie wat almal se samewerking verg,” sê hy.

'n Vermeende kabeldief is die afgelope week dood toe hy vermoedelik 'n kabel in die nywerheidsgebied probeer steel het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.