Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kanker eis sokkerman

Angelo “Bees” Frederikse (42), ’n bekende in sokkerkringe in Worcester, is 18 November oorlede nadat kanker net ’n paar weke gelede by hom gediagnoseer is.

Bees, soos hy bekend gestaan het onder sy naaste familie en veral sy sokkervriende, is in Worcester as die tweede jongste van vyf kinders gebore. Hy het sy skoolloopbaan aan River­view Primêr en die Hoërskool Breërivier voltooi. Hy was die afgelope 15 jaar werksaam by Victoria & Alberts.

Hy het ’n groot liefde vir sokker gehad en het eers vir die Flying Stars-sokkerklub uitgedraf. Dit is egter as lid van View of Hope waar hy sy loopbaan later voortgesit het, én waar hy in sy speeldae behoorlik sy stempel afgedruk het.

As veelsydige speler was hy vir etlike jare ’n integrale deel van View of Hope se arsenaal. Dit was egter veral as verdediger dat hy in sy speeldae groot ontsag by sy opponente afgedwing het. Sy gedissiplineerdheid op en van die veld af het ook onteenseglik bygedra tot sy gewildheid onder die sokkerpubliek en het hom ook verskeie toekennings in die sak gebring.

Hy was ’n mensemens en veral van sy gewese spanmaats het met groot lof en ook met weemoed van sy bydrae op en van die veld af gepraat.

Angelo, die trotse pa van twee kinders, ’n dogter Keesha (10) en Ashwin (4), laat naas sy moeder, Delina, ook twee broers en twee susters en sy verloofde, Nandi Manuel, agter.

Hy word op Saterdag 30 November om 10:00 uit die VGK-gemeente Worcester-Suid ter ruste gelê. Die diens is by sy ouerhuis in Magoukastraat 9, Riverview, is om 09:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.