Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kansa-nagstap om die draai

Die jaarlikse Kansa Relay for Life-byeenkoms vind vanjaar Saterdag 12 Oktober van 18:00 tot Sondag 13 Oktober 06:00 by die Hoërskool Montana se sportterrein plaas.

Dié byeenkoms begin Saterdag 15:00 met ’n spesiale geselligheid vir kanker­oorwinnaars.

Die openingseremonie word 18:00 gehou en word deur die oorwinnaar­seremonie gevolg, waarna die baie spesiale Luminaria-seremonie om 21:00 plaasvind.

Luminaria-sakkies is by die Kansa-kantoor te koop en almal word genooi om ’n kersie te kom aansteek ter herinnering aan ’n geliefde, familielid of vriend wat dalk die stryd teen kanker verloor het of nog teen die siekte stry.

Die hekke open 17:00 vir besoekers.

“Dit is ’n nag van pret met vermaak vir alle ouderdomme,” sê Elsa Everson, voorsitter van Worcester se Kansa Relay for Life-span.

Die prysuitdeling word Sondagoggend 05:00 gehou en die afsluitingseremonie kom 06:00 aan die beurt.

Al die geld wat ingesamel word, is ten bate van Kansa, wat weer die geld terugploeg in die gemeenskap deur verskeie dienste en hulpmiddels aan te bied.. Die organiseerders van die geleentheid waarsku die gemeenskap en inwoners in die omgewing om in gedagte te hou dat musiek deurnag by dié geleentheid gespeel word. Inwoners word genooi om eerder te kom deel in die pret en vermaak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.