Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ken jou MIV/vigs- en TB-status

MIV/Vigs-bewusmakingsmaand word landwyd in Desember gehou.

“Wêreldwyd het ongeveer 19 miljoen mense MIV/Vigs, waarvan 9,5 miljoen mense nie weet wat hul status is nie.”

Só sê Alice van Zyl van die USA TB Suid-Afrikaanse projek wat deur die Wes-Kaapse gesondheidsdepartement ondersteun word.

Van Zyl sê juis daarom is dit belangrik dat mense nie net moet weet wat hul MIV/Vigs-status is nie, maar ook moet weet of hulle tuberkulose het.

“Vanjaar se tema van die MIV/Vigs-bewusmakingsmaand is “Ken jou status”. Die beste tyd om jou te laat toets, is nou,” voeg sy by.

Van Zyl verduidelik die verbintenis tussen die twee virusse wat TB en Vigs veroorsaak.

“Statistieke wys die meerderheid mense wat Vigs het, sterf weens die feit dat hulle ook TB het. Al twee siektes takel jou immuunstelsel af en as jy HIV+ is, is jy meer vatbaar vir TB en nóg siektes.”

Volgens Van Zyl is onkunde een van die elemente wat mense weerhou om hulle te laat toets.

“Vrees speel ook ’n rol, asook die stigma wanneer mense sien jy word getoets vir MIV/Vigs. Dan is daar ook die bekommernis indien jy wel positief is.”

Volgens statistieke is altesaam 6 211 mense in die Kaapse Wynland in 2017 positief vir MIV/Vigs getoets.

“Van die 6 211 mense was 12% in die Drakenstein-omgewing. In dieselfde tydperk het 7 034 mense in die Kaapse Wynland met TB-behandeling begin, waarvan 2 178 pasiënte (31%) in die Drakenstein-omgewing.”

Van Zyl verduidelik hoe mense vir dié virusse getoets word: “Wat TB betref, word die pasiënt vyf vrae gevra om te bepaal of ’n moontlikheid bestaan dat hy of sy die siekte het. Indien een van die vrae positief geantwoord word, word twee sputum-monsters geneem en na ’n laboratorium gestuur om te bevestig of die pasiënt TB het.”

Sy sê wanneer iemand vir MIV/Vigs getoets word, word ’n “rapid”-toets by die fasiliteit gedoen. Indien dit positief is, word ’n tweede toets ter bevestiging gedoen.

Van Zyl moedig mense aan om na hulle naaste kliniek te gaan om hulle te laat toets. “Jy hoef nie te huiwer nie, want berading en ondersteuning is beskikbaar.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.