Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kerk maak geskiedenis met pos vir tweede leraar

Die Calvyn Protestantse kerk op die hoek van Leipoldtlaan en Le Sueurstraat maak geskiedenis.

Vir die eerste keer in die kerk se bestaan is daar nou twee predikante wat die gemeente bedien. Ds. George Murray (54) is Saterdag 27 April in die kerk as medeleraar ingehuldig. Hy het sy intreepreek die volgende dag (28 April) in die kerk gelewer. Die preek, getiteld “Wie sê julle is ek?”, het oor Mattheus 16:13-18 gehandel.

Die doel van sy aanstelling is om seker te maak dat alle administrasie by die kerk steeds glad verloop terwyl die gesoute leraar van die kerk, Jeff Wilson, vir drie maande met verlof gaan. Die verlof is deur die nasionale kerk toege­staan. “Daar is preke wat behartig moet word en begrafnisse en besoeke moet gedoen word; alles wat bydra tot die goeie orde van die kerk,” sê Murray.

Murray en Wilson sal vir eers die gemeente saam bedien. Later vanjaar, wanneer ds. Wilson tydelik uit diens tree, sal Murray die leisels oorneem.

“Ek sien uit daarna om hierdie uitdaging met die krag en hulp van die Here aan te pak. Ek kan dit doen met die ondersteuning van die gemeente en ds. Jeff wat my gaan touwys maak om dan sodoende die gemeente na hoër hoogtes te neem,” sê Murray.

Murray is ’n boorling van Kaapstad. Hy het in die Calvyn Protestantse Kerk grootgeword en was lid van die brigade, jeugbeweging en selfs die koor. Hy het voorheen ’n gemeente in Concordia in die Noord-Kaap gelei asook een in Dieprivier, Kaapstad.

Hy sê hy het ’n verbintenis met Worcester. “Ek was destyds by die pastorie in Tiervlei onder die sorg en toesig van wyle ds. September wat aan die Calvyn Protestantse gemeente in Worcester verbind was,” sê Murray.

Hy beskou homself as ’n gemeenskapspersoon. “Ek wil my kennis in die gemeente en gemeenskap terugploeg. Ek sien uit na ’n blink toekoms in Worcester.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.