Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kersvader deel van volmaanpiekniek

Om die druk op hom te verlig, het Kersvader besluit om solank vooraf ’n paar geskenke uit te deel tydens ’n piekniek by die pragtige Afrikaanse Taalmonument Saterdag 19 Desember – ’n aand wat ook ten bate van ’n goeie doel geskied.

Die heerlike program sal om 17:00 begin met die poppekasvertoning Hentie en die Kersfeeskrisis deur Henties waarna Mendl Lategan die kinders sal vermaak met die kuns om beelde uit ballonne te skep.

Omstreeks 19:00 sal Kersvader opdaag en geskenke uitdeel voordat die son sak, waarna die ouers en kinders rustig verder piekniek kan hou tot 22:00.

Dié pieknieks op Paarlberg is baie gewild onder plaaslike inwoners én besoekers, wat veral die sonsondergang en pragtige naguitsig op die valleie, berge en skiereiland geniet.

Gaste word aangemoedig om die omgewing te verken en daar is buitelug-speletjies en speelparke vir die kinders. Die piekniekreeks word boonop ten bate van “Laat ons Lees!”, die Taalmonument se geletterdheidsprojek vir kinders, aangebied en gaste word aangemoedig om ’n nuwe of tweedehandse kinderboek ter ondersteuning hiervan te skenk.

Gaste is welkom om hul eie piekniekmandjies saam te bring of een vooraf by die Oppi Berg Mobile Café op 060 382 9938 (R250 per paartjie, R450 per gesin van vier) te bestel. Die kiosk sal ook vir ander eet- en drinkgoed oop wees. Trek warm aan en bring ’n flits asook en masker saam.

Sien www.taalmuseum.co.za/covid-19/ vir die spesifieke protokolle. Genoeg veilige parkering is beskikbaar.

Toegang is slegs R40 per volwassene, R10 per pensioenaris/student en gratis vir kinders onder 18 jaar.

Kaartjies is beskikbaar by Computicket en, indien daar nog oor is, by die hek op die dag self vanaf 16:00.

Die vertonings begin om 17:00 en Kersvader behoort om 19:00 sy opwagting te maak om geskenke uit te deel, dus moet ouers asseblief hul kinders se duidelik gemerkte geskenke teen 18:00 in sy Kerskous in die besoekersentrum besorg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.