Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kettingvrou-voorverhoor begin eersdaags

Die verhoor van die vermeende “kettingvrou” van Worcester, Galinda Nelson, wat beskuldig word van ernstige kindermishandeling, is uitgestel vir ’n voorverhoor wat in die nuwe jaar gehou sal word.

Nelson staan tereg op aanklagte dat sy vroeër vanjaar ’n kind met ’n ketting vasgemaak en nog een met ’n karwats geslaan het. Altesaam 12 kinders was op daardie tydstip in haar sorg. Almal is verwyder. Die saak het groot opslae in die media gemaak.

Nelson is in Augustus gemaan om regshulp in te win nadat sy aangedui het dat sy haar eie verdediging sal behartig. Nelson het op 28 November weer in die Worcester-streekhof verskyn, maar die saak is uitgestel.

Die saak is nou tot 23 Januarie 2020 uitgestel wanneer haar voorverhoor sal begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.