Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kewers weer losgelaat op dam

Kariba-watervarings het sy moses teëgekom en sy naam is kewer.

In die klein opgaardammetjie, aan die oorkant van die Worcesterdam naby aan die Mountain Mill-inkopiesentrum, het die Kariba-watervarings weer stadig maar seker die dam begin oorneem.

kewers kariba-watervarings
Die kewers word hier op die indringerplante vrygelaat.

Volgens ’n verslag van die departement van biodiversiteit aan die Universiteit van Limpopo het die Kariba-watervaring sy oorsprong in Suidoos-Brasilië en is dit aanvanklik as sierplante in tuindammetjies aangewend, maar het nou damme en riviere in die land se rypvrye gebiede besmet.

Dis ’n probleem wat die Breedevallei-munisipaliteit gereeld moet aanpak deur kewertjies op die varings te gebruik en verlede week is dié kewers weer losgelaat.

Die doel van die kewers, wat bekend staan as salvinia-kalanders, is om gaatjies in die indringerplante te vreet en die plante sak dan af tot op die dam se bodem.

Die BVM het twee jaar gelede ook duisende van die kewers losgelaat, maar die poging was minder suksesvol omdat daardie jaar se koue én uitermatige hitte die kewers laat vrek het.

Die BVM moes toe werkers inspan om die Kariba-watervarings met die hand uit die dam te verwyder.

Dit sal ’n tydjie neem om te sien of die kewers dié keer suksesvol was.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.