Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Koeëls vlieg, mense gewond in verskillende voorvalle

Drie mense is gewond toe koeëls in die drie afsonderlike skietvoorvalle gedurende die naweek afgevuur is.

Die Worcester-polisie sê die skiet­voor­valle het in Riverview en Avian­park plaasgevind en volgens die plaas­like polisiewoordvoerder, kaptein Lindhi­kaya Mkhontwana, sal die polisie­onder­soek aandui of die skietvoorvalle bende­ver­want is.

“ ’n Man het beserings in sy bene in ’n skietvoorval opgedoen wat Saterdag 6 April omstreeks 22:45 by die River­view-woonstelle gebeur het,” sê Mkhontwana.

In nog ’n skietvoorval wat Sondag 7 April 06:15 in Ysselstraat in Riverview plaasgevind het, is ’n man in sy linker­skouer geskiet. Mkhontwana sê ’n saak van poging tot moord is geopen.

“ ’n Derde man is Sondag 7 April 14:00 in Tinktinkiestraat in Avianpark in sy bobeen geskiet,” sê Mkhontwana.

Hy sê al drie slagoffers in die skiet­voorvalle is na die hospitaal geneem.

“Geen verdagtes is tot dusver in heg­te­nis geneem nie en die polisie volg inligting op,” sê Mkhontwana.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.