Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom bid saam, matrieks!
Matriekleerders van al die skole in Worcester word hartlik uitgenooi na ’n spesiale erediens komende Sondag, 15 September.
Hierdie diens vind (soos in die verlede) vanjaar weer in die VGK Gemeente Worcester-Oos plaas. Die diens sal gelei word deur die plaaslike leraar ds. John Willemse.
Die diens is daarop gemik om vir alle matriekleerders kort voor hul laaste matriekeksamen en die afsluiting van hul skoolloopbane te bid. Dit word vanjaar vir die twaalfde jaar agtereenvolgens in dié gemeente gehou.
By die diens sal ’n oud-leerder van Hoërskool Montana, lidmaat van die gemeente en pastoriekind Whinique Willemse, as motiveringspreker optree. Die diens gaan verder opgeluister word met koorsang deur die kerkkoor en die lof- en aanbiddingsgroep van die gemeente.
Behalwe dat al die plaaslike hoërskole se skoolhoofde en matriekleerders weer almal genooi is, is daar ook ’n nuwe toevoeging tot die groep deurdat ons dorp se nuwe hoërskool, Somerset High, se eerste matriekleerders ook vanjaar deel gaan uitmaak van dië uitgelese groep.
Die VGK Gemeente Worcester-Oos is geleë op die hoek van Fischerstraat en Van Huyssteenlaan en die diens begin om 10h00. Die gemeente se lof- en aanbiddingsgroep, sal reeds vanaf 09:30 die diens verder bedien met die sing van koortjies en gebedsliedere.

Daar word versoek dat alle matriekleerders van die onderskeie skole hul amptelike skooldrag sal aantrek omdat daar plekke vir die onderskeie skole se matrieks gereserveer gaan word. ’n Aandenking, om matrieks te herinner aan hul matriekjaar, sal tydens die diens aan elke matriekleerder wat die diens bywoon, oorhandig word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.