Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kom maak saam aan 100 000 broodjies


Hoe klink 100 000 grondboontjiebottertoebroodjies? Na ’n rekordpoging, dis gewis, en Worcester gaan deel wees daarvan.

Het jy geweet dat voedselonsekerheid in Suid-Afrika vir baie mense ‘n daaglikse werklikheid is? Tans dui die statistiek dat baie met honger mae gaan slaap en minstens 2 miljoen volwassenes en kinders met slegs een ete per dag oor die weg kom.

Altesaam 2,5 miljoen Suid-Afrikaanse kinders ly aan voedselarmoede, daarom het die Do More-stigting, gestig deur RCL Foods, besluit om op Wêreld-Voedseldag ’n verskil te probeer maak en Worcesteriete kan inspring om te help.

Saam met meer as 40 korporatiewe vennote probeer die stigting om hierdie Wêreld-Voedseldag op 16 Oktober 10:00 tot 11:00 ‘n wêreldrekord te breek deur meer as 100 000 grondboontjiebottertoebroodjies by meer as 45 byeenkomste reg oor Suid-Afrika van te maak - hierdie gesonde versnaperinge sal aan kinders geskenk word.

“Of jy nou jou moue oprol en daardie bottermes self gryp, die woord op jou sosiale media versprei of help om bewustheid te skep deur aanlyn aan gesprekke rondom die kwessie deel te neem - ons wil graag hê jy moet betrokke raak,” sê Warren Farrer van die Do More-stigting.

Die stigting beloof ook dat jy in goeie geselskap sal wees. Met verskeie organisasies en individue wat saam ’n verskil gaan maak reg oor die land heen, is slegs drie van die aksies gekies om oopgemaak te word aan die publiek. Een in Limpopo, een in KwaZulu-Natal en een reg hier in die Breedevallei in die Worcester stadsaal.

Die wêreldrekord is tans 57 000 toebroodjies wat in een uur gemaak word en ons mik om 100 000 te maak

“Op die dag van die geleentheid sal ons ‘n sigbare webwerf oop hê vir almal om na te kan kyk waarop die totale aantal toebroodjies wat reg oor die land gemaak word, regstreeks gesien kan word in syfers. Ons webwerf sal elke 96 toebroodjies opdateer en in die stelsel invoeg. Die wêreldrekord is tans 57 000 toebroodjies wat in een uur gemaak word en ons mik om 100 000 te maak,” sê Farrer.

Daar is nou omtrent sowat 200 vrywilligers in Worcester, maar nog meer hande word nog benodig om ’n verskil te maak. Burgemeester, Antoinette Steyn, sal ook haar bottermes gereed hê om ’n verskil te maak.

Hoe kan jy help?

Die Do More-stigting kan nie hierdie doelwit alleen vermag nie en wil Worcesteriete uitnooi om saam geskiedenis te kom maak. Daar is verskeie opsies hoe Worcesteriete kan help:

Opsie 1 – Stel jouself verkiesbaar om toebroodjies te kom maak en pak op die volgende webtuiste: https://browniepoints.africa/opportunities/220?title=help-us-break-a-world-record-at-the-worcester-city-hall-site-event

Opsie 2 – Deel ’n inskrywing op sosiale media wat mense inlig oor die gebeure

Opsie 3 – Volg die hutsmerk, #domoretogether om aan gesprekke deel te neem rakende die kwessie

Die hutsmerke, #DoMoreWorldFoodDay2019 en #OneSandwichAtATime kan ook op die dag gebruik word en gevolg word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.