Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Kry hulp as kind diarree het

Spaar jouself baie hartseer deur vinnig op te tree wanneer jong kinders tekens van diarree toon.

Tussen November 2018 en Mei vanjaar het verskeie kinders van die Kaapse Wynland-distrik wat jonger as vyf jaar oud is tuis weens diarree gesterf. Diarree kán voorkom word.

Dit is weer die tyd van die jaar wanneer kinders wat jonger as vyf jaar is, dikwels diarree, ontwatering en longontsteking kry. Versorgers kan sterftes voorkom deur gou hulp te kry wanneer kinders simptome van diarree toon.

“Diarree is ’n hoogs aansteeklike virus wat floreer in warm weer. Dit kan ook deur vlieë oorgedra word en veral babas en kinders kan dit maklik kry. Kinders wat ondervoed is, diegene wat nie ingeënt is nie en dalk ander onderliggende siektes het, is meer geneig om diarree en komplikasies op te doen as die korrekte higiënepraktyke nie gevolg word nie. Die gebiede wat die meeste geraak word in hierdie tydperk is daardie met swak infrastruktuur en ’n tekort aan skoon water en sanitasie,” sê prof. Hassan Mahomed, spesialis in openbare gesondheidsgeneeskunde by die Wes-Kaapse departement van gesondheid. Tekens van diarree:. maagpyn of maagkrampe;. naarheid en braking;. los of waterige stoelgange meer as drie keer per dag; . koors.

Die afgelope vier jaar is daar ’n afname in die hoeveelheid kinders wat weens diarree by klinieke en gemeenskapsdagsentrums in die Kaapse Wynland (Breedevallei, Drakenstein, Langeberg, Stellenbosch en Witzenberg) hulp gesoek het.

“Die afgelope vyf jaar kon die Wes-Kaapse departement van gesondheid die aantal sterftes wat met diarree verband hou in die provinsie verminder. Ouers of versorgers word egter aangemoedig om gedurende die somer waaksaam te wees en hulle moet goeie higiënepraktyke in hul huis en vakansieomgewing aanmoedig,” sê die Wes-Kaapse LUR vir gesondheid, Nomafrench Mbombo. Hoe om diarree te voorkom: . Gebruik skoon water. . Ent alle kinders in, veral teen die rotavirus. . Hou kos en water skoon. . Was jou hande met seep (die baba se hande ook) voor jy aan kos raak. . Wanneer jy borsvoed en jou kind jonger as ses maande is, moenie vir jou kind ander kos ook gee nie.

Indien jou kind diarree het, gebruik die tuisgemaakte suiker-sout-oplossing in die eerste 24 uur om te voorkom dat hy ontwater. Indien jou kind nie beter word nie, gaan onmiddellik na jou naaste kliniek of hospitaal.As jou kinders enige van hierdie tekens van ontwatering toon, neem hulle onmiddellik na die naaste gesondheidsfasiliteit of skakel vir ’n ambulans by 10177. . Braking (kan nie vaste stowwe of vloeistowwe inhou nie). . Kan nie borsvoed nie. . Stuipe. . Lusteloosheid of depressiewe bewussynvlak. . Diarree met hol oë en ’n ingevalde kop (fontanel). . Diarree met bloed in die ontlasting. . Bors wat ingeduik is (bors trek in met asemhaling).. Die kind hoes en haal vinnig asem, is jonger as twee maande, het ’n koors en wil nie soos altyd drink tydens voedings nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.