Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laat jou stem tel vir Worcester

Is jy ’n trotse Worcesteriet? Wil jy hê almal moet weet van wat ons dorp als het om te bied? Of wil jy net pronk met hoe mooi die dorp se natuur en berge is?

Wel, hier is die geleentheid om jou stem te laat geld met Kwêla se Dorp van die Jaar-kompetisie.

Die kompetisie het 3 Februarie begin en inwoners het tot 15 Februarie hul stemme te laat tel.

Hoe werk dit?

Maklik: jy stuur die dorp se naam per SMS na 33157.

Jy kan soveel SMS’e in die eerste ronde stuur as wat jy wil.

Ná die benoemingsronde word drie dorpe uit elk van die nege provinsies gekies.

Die drie topdorpe uit elke streek sal na die halfeindronde deurdring.

In die halfeindronde sal mense ’n week lank kans kry om te stem.

Elke selfoonnommer mag net 30 keer in dié ronde stem.

In die eindronde sal Kwêla ’n insetsel op elk van die nege topdorpe verfilm.

Mense sal dan van 26 tot 31 Mei vir die wendorp kan stem.

Wat kan Worcester wen as ons aangewys word as Kwêla se dorp van die jaar?

Homebru Films, die vervaar­digers van Kwêla, sal ’n advertensie van 45 sekondes oor die dorp vervaardig wat gedu­rende kykNET se advertensietye uitgesaai gaan word.

Die dorp kry ook sy eie KIA-dorp-van-die-jaar-makietie.

Op dié dag sal Kwêla daar wees om die fees te verfilm. Dit sal ook later die jaar uitgesaai word.

Die laaste en grootste prys is ’n allemintige R1 miljoen se bemarkingswaarde van kykNET.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.