Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Laatlam sinneloos vermoor

’n Ma van Worcester sê sy worstel oor die wyse waarop haar jongste seun vermoor is.

Flip Loff is vroeg Sondagoggend (16 Desember) tussen 02:00 en 02:30 in Zwelethemba doodgesteek.

Volgens sy ma, Lydia Loff, was hy Saterdagaand by ’n partytjie toe drie mans na bewering sy selfoon gevat het. Hy het die mans agternagesit en dis tóé dat hulle hom doodsteek. Hy was 21 jaar oud.

Die polisie bevestig die voorval. “ ’n Een-en-twintigjarige man is oor die naweek buite die Italian Lounge-taverne in Zwelethemba vermoor,” sê die plaaslike polisiewoordvoerder, kapt. Lindikhaya Mkhontwana.

“Sondagoggend vroeg het my selfoon gelui en daar was ’n klop aan my deur. My pastoor, sy vrou en haar broer het my oor die voorval ingelig. Toe ek Dinsdagoggend die dokumente moes afhandel, het dit by my ingesink dat my laatlammetjie, my geskenk, weg is,” sê Loff.

“Daar word berig dat die oorledene saam met sy vriende buite die kuierplek was toe drie onbekende mans hulle met ’n bottel aanval. Hy het op die toneel aan verskeie steekwonde gesterf. Sy vriend is na die Worcester-hospitaal geneem,” sê Mkhontwana.

“Wat my so hartseer maak, is dat my kind nie ’n gewelddadige persoon was nie en die manier hoe hy vermoor is, maak my hart baie seer. Ek ken my kind en almal is dit eens dat hy nie ’n vlieg sal skade aandoen nie,” voeg sy by.

Volgens Loff is hy in die maag, kop, sy slaap en nek gesteek.

Die kranige rugbyspeler was ook ’n jeuglid van die Ambassadors In Christ Life Changing Ministries en sou volgende jaar sy matriek by Worcester Senior Sekondêre Skool voltooi het.

“Dit is ’n groot skok vir almal wat hom geken het. Hy was ’n goeie mens en het altyd ’n glimlag op sy gesig gehad. Ek dink nie hy dit verdien om só te sterf nie,” sê pastoor Davie Melouw.

“Ek gaan my Flip baie mis. Hy was nooit opstandig teenoor my nie. Hy was nederig, respekvol, ’n baie tevrede kind en voorbeeldig,” sê Loff.

Volgens die polisie is geen verdagtes in hegtenis geneem nie.

“ ’n Saak van moord is geopen vir verdere ondersoek,” sê Mkhontwana.

. Flip laat sy ma, drie susters, een broer, twee swaers, neefs, niggies, familie en vriende agter.

Flip sal Saterdag 22 Desember in Worcester begrawe word. Die diens begin 09:00 by Leipoldtlaan 53 en dan 10:00 by die Nuwe Hoop-sentrum onder leiding van die Ambassadors In Christ Life Changing Ministries.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.