Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leerders maak nou kopskuif ná skenking

Die Afrikaanse Taal- en Kultuur­vereniging (ATKV) het onlangs die ATKV-Kopskuifprogram in samewerking met die Wynland-distrikskantoor van die onderwysdepartement in die Langeberg-omgewing bekend gestel.

Hierdie projek sal ’n eerste van sy soort in die streek wees. Die mense wat bygedra het tot die sukses van die projek het dit bygewoon, onder andere die skoolhoofde van die 12 skole wat geïdentifiseer is om deel van die projek te wees, amptenare van die onderwys, die plaaslike munisipaliteit, die Langeberg-alumnifonds, Vriende van Afrikaans (VVA), Afrikaans.com en Lapa-uitgewers.

Volgens Melvina Mason, die ATKV-projekorganiseerder, word elke program uniek ontwerp om by die streek se behoeftes en die beskikbare begroting te pas.

“Die doel van die projek is om opleiding en ontwikkeling aan skoolgemeenskappe te bied van oorheersend histories benadeelde diverse Afrikaanse skole. Dit word deur verskeie ondersteunende programme bewerkstellig,” het sy gesê.

JJ Januarie, wyksraadslid van Bonnievale en voorsitter van die Langeberg-alumnifonds vertel dat hy van die ATKV-Kopskuifprojek in plaaslike koerante en sosiale media gelees het.

Hy het Mason geskakel en só is die bal aan die rol gesit.

Volgens Januarie is daar ’n groot behoefte aan opleiding en leerders benodig ’n kopskuif om gemeenskaps­uitdagings aan te pak.

Die Vriende van Afrikaans, ’n afdeling van die ATKV, het twee boektrommels van R8 000 elk aan Buffelskloof SSKV Primêre Skool en Boesmansrivier Primêre Skool geskenk. Chareldine van der Merwe, projekbestuurder van die VVA, het ’n voorleessessie by dié skole gedoen by die oorhandig van die boektrommels.

. Indien enige instansie by die program betrokke wil raak, kan hulle Melvina Mason skakel by 021 854 3620 of by melvinam@atkv.org.za

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.