Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lees deur kleur bring kleur in onderrig

’n Program wat ontwikkel is om kinders met disleksie te help lees, werk só goed dat dit nou sommer talle kinders aan die lees het.

’n Onderwyseres van Esselenpark Primêre Skool, Laurrette Springveldt, het haar liefde vir onderrig onlangs bewys toe sy uit haar eie sak die program Lees deur Kleur se leesmateriaal vir haar gr. 2-leerders gekoop het om hul leesvermoë te verbeter.

Die leesstelsel het gespruit uit die idee van ’n ma, Marelise Roberts, om haar dogter wat disleksies is, te help lees. Die stelsel help leerders om klanke te herken.

“Nadat ek meer daaroor gelees het, het ek gedink ek kan dit vir my gr. 2-klas gebruik. Ons het aan die begin van die tweede kwartaal daarmee begin. Ek het die ouers se toestemming by ’n oueraand gevra om die leerders vir twee dae per week vir 30 minute ná skool te hou om met die nuwe leesstelsel te werk,” vertel Springveldt.

Sy sê dié idee het net vrugte afge­werp. “Toe die kurrikulumadviseur my klas besoek, was hy in verwondering oor wat ek met die leerders se lees­vermoë in so kort tydjie vermag het. Die leerders ken hul enkel- en dubbelklanke,” sê Springveldt.

“Die leesstelsel bring die prentjies en kleure oor die kind se ervaringsveld.” Roberts, die brein agter die leestelsel, sê dit was juis die doel met die boek.

Roberts en haar woordvoerder, Johan Stuit, sê hulle hoop om meer kinders met die stelsel te help. “Ons wil die kinders van Worcester en ons eie gemeenskap help om sodoende die gemeenskap op te bou,” sê Stuit.

Hulle nooi ondernemings tot die voet­spoor om kinders te help lees, by te dra. Sakelui wat dalk wil help, is welkom om Stuit by 073 757 7451 te bel.

Lees meer in aanstaande week se uitgawe oor die suksesverhale van ouers wat die leesstelsel saam met hul kinders deurgewerk het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.