Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Leier van DoofBlind SA ontmoet koningin van Spanje

Om Internasionele Week vir DoofBlindheid te vier, het die nasionale direkteur van DoofBlind SA Spanje besoek en ook die koningin van Spanje ontmoet.

Die week van 20 tot 27 Junie staan nie net bekend as die week vir DoofBlindheid nie, maar ook as Helen Keller-week.

Philip Dobson, die nasionale direkteur van DoofBlind SA, is uitgenooi om die 50ste herdenking van die afsterwe van Helen Keller by te woon.

Dobson het die Helen Keller-wêreldkonferensie en Wêreldfederasie van DoofBlindes se algemene vergadering as verteenwoordiger van Suid-Afrika bygewoon.

Op die algemene vergadering, wat in Benidorm in Spanje gehou is, is die nuwe president en visepresident en vyf uitvoerende lede verkies. Die tema was “Ons regte, ons stem, ons lei die weg!”

Die koningin van Spanje, koningin Letizia, het as beskermvrou van die vergadering en konferensie opgetree. Die koningin het afgevaardigdes van die verteenwoordigende lande ontmoet en Dobson het ook die voorreg gehad om haar te ontmoet.

Dobson sê die konferensie was uiters geslaagd en eenheid oor die toekomspad van DoofBlindes is duidelik afgebaken.

Doofblindheid is ’n unieke gestremdheid en word as sodanig deur die International Disability Aliance erken. Lande wêreldwyd se regerings en owerhede word aangemoedig en ook versoek om meer hulpbronne beskikbaar te stel vir ontwikkeling en om sodoende aan te sluit by die tema van die konferensie.

Altesaam 50 lande en 530 verteenwoordigers, onder andere tolke en assistente ingesluit, het die konferensie bygewoon.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.