Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Liggaam van vermoorde man (34) in berg gevind
Elroy Plaatjies
Gemeenskapslede het die familie ondersteun toe hulle die liggaam ontdek het.

’n Man van De Doorns se liggaam is die afgelope week deur sy familie in die berg gevind nadat hy vermis geraak het.

Elroy Plaatjies (34) se familie sê hy en ’n onbekende kennis is glo Saterdag (27 Julie) op in die berg in en hy het nooit teruggekeer nie.

“Op Dinsdag (7 Julie) het ons begin bekommerd raak en ek het begin navraag doen oor waar hy moontlik kan wees, maar niemand kon my help nie,” vertel die oorledene se suster, Mariana Plaatjies.

Elroy Plaatjies
Wyle Elroy Plaatjies

Plaatjies het toe haar broer die Woensdag (8 Julie) by die De Doorns-polisiestasie as vermis aangemeld. Die polisie het twee keer in die berg gesoek waar hy later deur sy familie gevind is, maar dié soektogte was onsuksesvol. Die familie het toe self gaan soek na Elroy en het hom toe later gevind.

“Ons was baie verlig en natuurlik geskok om sy liggaam te kry. Dit is vir ons ’n baie hartseer tyd as familie en ons is steeds baie emosioneel oor die wrede manier waarop hy moes sterf.”

“My broer was ’n ekstrovert met ’n fantastiese sin van humor en hy het omgegee vir sy medemens,” sê Mariana.

Elroy het twee dogters wat hy agterlaat.

“Ek sal hom altyd onthou vir sy liefde vir musiek en hy het nêrens gegaan sonder sy musiektoestel nie. As kind het hy selfs sy eie musiek gemaak.”

Die Plaatjies-familie kom steeds tot verhaal en is in hierdie stadium baie onseker oor die presiese gebeure wat gelei het tot sy dood.

“Toe ons sy liggaam ontdek het, moes ons drie ure klim tot waar hy gelê het en dit was moeilik om selfs by die liggaam uit te kom omdat dit so hoog in die berg was.”

Die De Doorns-polisie ondersoek ’n saak van moord.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.