Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Loop lig oor wat jy alles aanlyn doen

President Cyril Ramaphosa het Dinsdag 2 Junie die Wetsontwerp op Kubermisdade onderteken.

Hierdie wetsontwerp sal nou bekend staan as die Wet op Kubermisdade, Wet 19 van 2020. Hoewel die wet onderteken is, sal die wet eers in werking tree op ’n datum wat nog deur die president aangekondig moet word.

Noëlle van der Waag-Cowling, kuberprogramleier by die Veiligheidsinstituut vir bestuur en leierskap in Afrika, sê die wet oor kubermisdade is daarop gemik om Suid-Afrika se kubermisdaadwette in ooreenstemming met die res van die wêreld te bring.

Sy sê die wetsontwerp kodifiseer en maak dit moontlik om verskillende soorte kubermisdade strafregtelik te vervolg soos onder meer “die onwettige toegang tot ’n rekenaarstelsel of die onderskep van data, kuberbedrog, die onwettige verkryging van ’n wagwoord of toegangskode, kuberafdreiging en diefstal van ontasbare eiendom”.

“Die wetsontwerp maak dit ook ’n oortreding om intieme beelde van iemand bekend te maak sonder die persoon se toestemming in omstandighede waar so iemand ’n redelike verwagting van privaatheid gehad het,” sê Van der Waag-Cowling.

“Dit is byvoorbeeld wraakporno, waar ’n vrou ’n eksplisiete foto of video aan haar kêrel stuur en hy dit verder versprei. Dit word nou as ’n misdaad beskou en hy kan strafregtelik vervolg word,” voeg Van der Waag-Cowlng by.

“Dieselfde geld vir WhatsApp-boodskappe. Die wet vervolg die stuur van sekere soorte skadelike boodskappe op sosiale media in Suid-Afrika, soos die aanhitsing van geweld,” sê Van der Waag-Cowling.

Die wetsontwerp maak voorsiening vir strawwe vir die stuur van sulke boodskappe, soos gevangenisstraf van tot drie jaar, ’n boete of al twee.

Volgens die wetsontwerp moet die nasionale kommissaris van die Suid-Afrikaanse Polisiediens ’n kantoor binne bestaande strukture van die polisie vestig of aanwys. Hierdie kantoor sal verantwoordelik wees vir hulp met verrigtinge of ondersoeke na kubermisdaad. Die polisie kry ingevolge die Wet op Kubermisdade uitgebreide soek- en beslagleggingsbevoegdhede, waaronder in sommige gevalle die mag om te deursoek en beslag te lê sonder ’n soekbevel.

Die wetsontwerp maak dit ook duidelik dat internetdiensverskaffers enige vorm van misdadige gedrag op hul netwerke binne 72 uur moet aanmeld.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.