Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Lyk naby Nekkies gevind

Die liggaam van ’n onbekende vrou se liggaam is Dinsdagoggend, 6 Augustus, omstreeks 08:15 by die Breërivier-brug naby Nekkies gevind.

Lyk
Nooddienste is omstreeks 08:30 na die toneel ontbied. Brümilda Swartbooi.

Die vrou, vermoedelik in haar 40s, het op haar gesig gelê toe haar lyk gevind is. Haar klere was nat.

Sy het kort hare en het ’n groen broek, swart trui en bruin stewels aangehad. Haar liggaam het geen sigbare kneuswonde nie en haar klere is nie geskeur nie.

Die liggaam was nog nie ontbind nie.

Volgens omstanders op die toneel loop daar gereeld mense van Avianpark in die omgewing rond om waterblommetjies te pluk of om hout te versamel.

Die Worcester-polisiewoordvoerder, AO Julian Plaatjies, sê ’n geregtelike ondersoek is geopen. Mense wat die polisie in die ondersoek kan help, of ’n familielid vermis, word aangemoedig om die Worcester-polisie by 023 348 6100 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.