Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ma op slag dood in ongeluk

’n Ma van vier kinders is Saterdag in ’n ongeluk net buite De Doorns op slag dood.

Die oorledene, Lorraine Booysen (43) van Touwsrivier, was Saterdagoggend omstreeks 07:40 op die N1 by Hexpas tussen Touwsrivier en De Doorns onderweg toe die ongeluk gebeur het.

Volgens ’n familielid was hulle van De Doorns op pad na Touwsrivier toe die ongeluk plaasgevind het.

“Hulle het haar neef se kind in De Doorns gaan haal om by haar te kom kuier. Die familie is geweldig geskok en gaan deur ’n baie moeilike tyd,” het ’n familielid vandeesweek aan Standard gesê.

Luidens ’n polisieverklaring het die bestuurder beheer oor die voertuig verloor en het dit gerol. Daar was vier insittendes in die kar.

“Een persoon is dood en nog drie, insluitend die bestuurder, het beserings opgedoen en is hospitaal toe geneem,” sê lt.kol. A.J. Kriel, De Doorns se polisiebevelvoerder.

“Lorraine was bemind onder haar bure en in die gemeenskap. Sy was ’n vrolike mens en altyd vol grappe. Sy was ’n mensemens en haar familie het alles vir haar beteken,” sê ’n familielid.

“Ons gaan haar baie mis. Sy het ’n baie mooi glimlag gehad, sy was altyd vol grappies en almal in haar buurt het haar geken,” sê die familielid.

“Haar dood het baie ou wonde oopgekrap omdat ’n ander familielid ’n paar jaar gelede byna op dieselfde plek verongeluk het.”

’n Saak van strafbare manslag word deur De Doorns-polisie ondersoek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.