Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man (37) sterf aan hartaanval

Renwon Isaacs (37) is onlangs aan ’n hartaanval oorlede nadat hy vir die afgelope drie jaar met hartversaking moes saamleef.

“Hy was die laaste tyd baie in die hospitaal met sy hartprobleem en het toe skielik ’n hartaanval gekry,” vertel sy vriend, Cameron Wiesie.

Renwon het vyf kinders en sy meisie was swanger met hul sesde kind.

“Hy was welbekend in die gemeenskap en kon altyd lekker met almal gesels. Renwon het nooit iets lelik oor enigiemand gesê nie.”

Renwon was ’n vragmotor­bestuurder, maar sy belangstelling het by motors gelê.

“Hy het ’n groot liefde vir motors gehad en het net ’n week voor sy dood nog gaan kyk hoe die karre teen mekaar meeding.”

Sy ouers, Sitariem en Gouwa Salie, gaan sy spontane persoonlikheid en omgee die meeste mis.

“Dit was vir ons almal ’n groot skok om te hoor dat hy aan ’n hart­aanval oorlede is omdat ons nie geweet het dat hy ’n hartprobleem gehad het nie,” sê Wiesie.

“Hy was ’n mentor vir my omdat ek en hy ’n liefde vir karre gehad het. Ek gaan sy geselskap baie mis.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.