Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man bestaan ná 8 dekades ‘amptelik’

Vir die 78-jarige Johannes Mentoor van Bonnievale was dit ’n vreugdevolle dag toe hy verlede week die eerste keer in sy lewe sy geboortesertifikaat kon vashou.

Bykans agt dekades lank was hy glad nie geregistreer of aangemeld nie.

“My ouers is oorlede toe ek baie jonk was. Ek het by my tannie grootgeword, maar ek is nooit by die destydse departement van binnelandse sake geregistreer nie. Ek het van jongs af op plase gewerk en nooit ’n identiteitsboekie of sertifikaat met my naam op gehad nie,” vertel hy.

Dit het beteken dat Mentoor nie kon aansoek doen by enige staatsdepartement vir hulp nie, hetsy medies of selfs vir pensioen nie.

Nou, ná ’n jare lange stryd het hy uiteindelik sy papiere gekry.

“Raadslid JJ January het my gehelp en my bygestaan. Nou kan ek in die Sassa All Pay-ry gaan staan en ook uiteindelik geld ontvang. Ek is nou oral geregistreer,” verduidelik Mentoor.

Sy kleinkinders is baie bly namens hom en sê dat hy bykans in trane uitgebars het toe hy gehoor het sy aansoek is goedgekeur.

“Ek wil nou die land sien. Ek wil nou dinge doen wat ek nie voorheen kon doen nie of wat ek nie toegelaat is om te doen nie,” sê hy.

Sy kleinkinders wil graag vir hom ’n paar goed koop en sy huis opknap – alles om hom op sy oudag by te staan.

Raadslid January verduidelik hoe hulle al in 2016 begin het met die proses, maar aangesien Mentoor se ouers oorlede is, was dit nogal ’n taamlike proses.

“Ons moes eerstens in Robertson aansoek doen, maar toe later in Worcester ’n uitkenning gaan doen deur sy familielede. Die papierwerk is ingedien en die proses was nie aldag maklik nie, maar nou het hy sy dokumente en wag hy op sy nuwe ID-kaart. Hy is soos ’n kind. Hy sal een van die dae die eerste keer in sy lewe in die Sassa-ry kan gaan staan en geld so ontvang,” sê January.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.