Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man met mes doodgesteek

n Man het hier in die hof verskyn op aanklagte van moord nadat hy sy kollega wat nege jaar saam met hom gewerk het, na bewering met ’n mes doodge­steek het.

Dayda Gelant is op borgtog vrygelaat en moet weer op 7 November in die hof verskyn.

Die slagoffer, Diempie Booysen, se grootmaakma – wat anoniem wil bly – sê haar seun het gesterf onder die boom voor hul huis waar hul elke Sondagmiddag saam gekuier het.

“As ek maar net geweet het dat hy sy laaste bordjie kos uit my hande uit sal kry.”

Die messtekery het plaasgevind nadat die twee glo stry gekry het.

Booysen se suster is kort voor sy dood op 1 Oktober getroud. Hy sou op 30 Oktber 27 geword het.

Booysen word onthou as iemand wie baie grapperig was en nie een was vir baklei nie, sê sy ma.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.