Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sterf, skape van kant gemaak

’n Man is dood en talle skape moes van kant gemaak word ná ’n botsing op die Robertsonpad.

Lede van Robertson-polisie is Donderdag 27 Augustus omstreeks 11:30 na ’n ongelukstoneel op die Robertson-pad ontbied.

Die polisie het twee voertuie wat in ’n botsing betrokke was, by die Affieplaas-padstal aangetref.

Die een voertuig was ’n Isuzu-bakkie met ’n woonwa en die ander een was ’n klein vragmotor met skape op.

Volgens die Robertson-polisie het die bakkie in die pad gestaan ??en skade aan die regterkant van die voertuig gehad. Dit is onseker wat gebeur het. Albei voertuie het in dieselfde rigting – op pad na Worcester – gery.

Drie mense was in die botsing reg van voor betrokke, van wie een – ’n bejaarde man van Parow, André van Wyk (83) – later in die hospitaal oorlede is. Paramedici het die ander beseerdes op die toneel bygestaan.

Sommige van die skape het ook weens die botsing gevrek en is deur Robertson-slagplaas van die toneel verwyder.

Die diere wat nog gelewe het, is in ’n kamp langs die padstal gejaag.

Dr. Elizabeth Brits, ’n plaaslike veearts, was op die toneel en het die diere bygestaan.

“Iemand van die publiek wat op die toneel afgekom het, het my laat weet van die botsing. Die CCS-veearts van Worcester, dr. Marike Naudé, was by my en ons het ons dadelik na die ongelukstoneel gehaas om te kyk hoe ons kon help. Jaco van Staden, die bestuurder van Robertson-slagplaas, was reeds op die toneel. Hy het die slagter van die abattoir ontbied terwyl ons die skape ondersoek het om vas te stel hoeveel skape dood en beseer is. Altesaam agt skape was reeds dood en talle ernstig beseer, waarvan ses se pote onder die vragmotor vasgepen was. Die abattoir het baie gou gereageer en die slagter was binne minute op die toneel. Al die beseerde skape is onder my en dr. Naude se toesig so menslik as moontlik met die “captive bolt stunning”-metode uitgesit en die karkasse is daarna na die abattoir geneem,” het sy verduidelik.

Die verkeer het bykans drie uur lank in die dorp opgehoop. Sommiges moes ompaaie soek, maar die ry het vir kilometers regdeur die dorp tot by ander uitgangspunte opgehoop. Verkeersbeamptes was op die toneel om die verkeer te beheer.

Talle ander botsings is die naweek aangemeld, waarvan nog twee by dieselfde kruispad gebeur het. Die pad was Sondag 30 Augustus omstreeks 19:30 tydelik gesluit vir die opruiming van ’n ongelukstoneel. Geen sterftes is aangemeld nie. Talle ander botsings elders reg deur die streek is ook die afgelope naweek aangemeld.

Paramedici sê verskeie faktore kan ’n rol speel, maar dat gure weerstoestande ook ’n rol in van die ongelukke gespeel het.

Jandré Bekker, woordvoerder van die departement van vervoer en openbare werke, het die botsings aan Standard bevestig. Hy het ook net een sterfte bevestig en gesê talle mense het in verskeie motorongelukke beserings opgedoen.

Dié departement maan motoriste om veilig op die paaie te wees en veral versigtig te ry as die weer sig versper of die verkeer swaar is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.