Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Militêre veterane byeen

Militêre veterane gaan van 22 tot 24 November ’n saamtrek in Worcester hou. Hulle gaan dan ingelig word oor nuwe wetgewing, omdat nie almal weet wat hul regte is nie, sê die organiseerders.

“Ons het tot dusver veterane van reg oor die Wes-Kaap genooi. Dit is baie belangrik om hierdie sessies te hê sodat hulle beter ingelig kan wees,” sê Ernest Malan van die Malan-stigting.

Volgens hom is daar nog talle veterane vir wie dit moeilik is hulle om hulp van die regering te ontvang.

“Duidelikheid word in wetgewing gegee oor voordele wat die regering kan bied. Selfs die families kan daarop aanspraak maak,” sê Malan.

Die program duur van Vrydag tot Sondag. Klem gaan gelê word op inligting, die rol van die veterane by jeugontwikkeling en inligting oor beroepe in die weermag.

“Ons wil graag hele gesinne die naweek by die reünie hê.” . Mense wat kosstalletjies wil bedryf of nog inligting wil hê, kan 078 705 4222 skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.