Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Motorhuis vat vlam

Die huis van die Breedevallei- munisipaliteit se uitvoerende burgemeester het verlede week onder ’n brand deurgeloop.

Volgens die burgemeester, Antoinette Steyn, het die brand Dinsdag 1 Junie net ná beurtkrag in hul motorhuis begin.

“Ek was besig in die kombuis en skielik het die huis net baie warm gevoel. Ek het vir my man, Koos, gevra waarom dit so warm in die huis is. Teen daardie tyd het die vlamme al hoog in die motorhuis gestaan. Hy gryp toe die sleutel om my dogter se motor uit te kry. Maar toe hy die motorhuis se deur wou optrek, het dit op hom geval. Toe ek gaan om dit op te lig, het ek my hand gebrand en een van die balke het op daardie oomblik verby my gesig geval. Maar ek het eers later, toe die vrou van die brandweer vir my sê sy wil iets op die blase sit, besef ek het ook in my gesig gebrand. Koos het darem niks oorgekom nie,” verduidelik sy.

Sy noem ook dat haar dogter se motor nog nuut was, en dat sy dit onlangs gekoop het. Die motor was in die motorhuis gebêre omdat sy in Doebai skoolhou.

“Die motor het natuurlik in die motorhuis ontplof. Dit was ook my man se werkswinkel. So, al sy gereedskap is ook daarmee heen,” verduidelik Steyn.

Hul bure se huis het weens die hitte ook skade gely.

“Dit was nie lekker om te sien hoe ons huis letterlik voor my oë brand nie. Ek is ook baie dankbaar vir ons bure wat ons vinnig kom help het. Ek is baie dankbaar dat niemand van ons ernstige beserings opgedoen het nie. Ek was so paniekbevange dat ek nie die brandweer se nommer kon onthou het nie. Ek het my broer gebel en gesê hy moet kom help; my huis brand. Een van ons bure het die brandweer ontbied. Ek het regtig die wonderlikste bure en is dankbaar vir hul ondersteuning en hulp wat hulle Dinsdagaand verleen het.”

Die huis het aansienlike skade opgedoen. Buiten dat die motorhuis gebrand het, het die vlamme deur die dak na die waskamer versprei en ’n slaapkamer in die huis aan die brand gesteek. Die bure, die naaste aan die motorhuis, se geute het gesmelt, hul vensters het gebars en hul lugversorgingseenhede het ook skade opgedoen.

In hierdie stadium is dit nog nie vasgestel wat die brand veroorsaak het nie, maar Steyn vermoed dit kon ’n kortsluiting wees, omdat dit net ná beurtkrag gebeur het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.