Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Museum steek grense oor
Die Worcester-museum se Erfenisdagvieringe

Die Worcester-museum het vanjaar Erfenisdag gevier deur die fokus op die Khoi-San en Rastafariërs te plaas.

Die tema was “If you know your history, you know yourself”.

Sprekers het inligting verskaf oor die ontstaan van Erfenisdag en oor die agtergrond van die Rastafariër-geloof. Die boodskap was een van versoening en verstaan van die verskeie gemeenskappe.

Gedigte is voorgedra wat handel oor onder meer slawerny en die ontkenning van regte, maar ook oor hoe die verdruktes opgestaan het uit die as en in oorwinning leef.

Nog praatjies onder meer oor die ontstaan van rotstekeninge is gehou. ’n Kruie-uitstalling met inligting en demonstrasies oor hoe om kruie uit die natuur te gebruik vir siektes, is gelewer.

Die dag is afgerond deur sang, musiek, rieldansers en drama-uitvoerings.

Om verder te hou by die tema, is aktiwiteite soos brood bak, tabakrol, seep kook en kerse maak aan besoekers gedemonstreer.

Die Worcester-museum se Erfenisdagvieringe
Die Worcester-museum se Erfenisdagvieringe

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.