Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nek gebreek ná duik

’n Oud-Worcesteriet is in ’n bedenklike toestand in die hospitaal nadat hy sy nek in ’n fratsongeluk gebreek het.

Die oud-Gimmie Juan Louis van der Vyver (23) het Saterdag by sy aanstaande skoonouers in Pretoria gekuier toe hy in die swembad geduik en vermoedelik sy kop gekap het. Hy het sy vierde en vyfde werwels beseer.

Juan Louis het saam met sy ouers, Lomon en Mable van der Vyver, by sy aanstaande skoonouers gekuier.

Hy en sy verloofde, Chandré van Emmenis, sou op 8 Desember in die huwelik getree het.

“Die ongeluk het Saterdagaand omstreeks 20:00 gebeur toe hy in die swembad geduik het.

“Ons probeer nog uitwerk hoe en waar hy sy kop gekap het,” verduidelik sy pa. Van der Vyver (sr.) is die voorsitter van Worcester Gimnasium se beheerliggaam.

Sy pa sê hy het Sondag ’n operasie ondergaan waar hulle die een werwel teruggeskuif het.

“Dit gaan ’n baie lang proses wees. Ons sal eers oor ses weke weet watter permanente skade hy opgedoen het. Die dokter is wel baie beïndruk met die feit dat hy sover al sy kop en skouers na afloop van die operasie kan beweeg. Sy sê sy het nog nooit in haar 25 jaar lange loopbaan so iets teëgekom nie,” het Van der Vyver aan Standard vertel.

Juan Louis sterk tans aan by die Unitas-hospitaal in Pretoria. Talle gebede is deur gebedsgroepe vir hom opgedra.

Van Der Vyver sê dis maar moeilik vir hulle as ’n gesin in hierdie stadium.

“Ons is baie dankbaar vir al die ondersteuning wat ons kry. Soveel mense bid vir hom.”

Juan Louis studeer regte aan die Universiteit van Potchefstroom.

Sy boetie, Lomar (14), is in 2010 ná ’n busongeluk oorlede.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.