Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nelson (55) weer op 6 Junie in hof

Die hofsaak van Galinda Nelson (55) is Maandagoggend 6 Mei in die Worcester-landdroshof tot 6 Junie uitgestel vir verdere ondersoek en ’n besluit oor die streekhof.

Nelson, wat na bewering ’n kind met ’n ketting aan ’n bed vasgemaak het, staan voorlopig tereg op twee aanklagte van kindermishandeling.

Nelson het Maandag weer in die hof aangedui sy gaan haar eie verdediging behartig.

Nelson is Dinsdag 29 Januarie in hegtenis geneem nadat die polisie toegeslaan het waar 12 kinders tussen twee en 16 jaar oud in ’n opslaangebou op ’n afgeleë plaas in die Scherpenheuwel-gebied buite Worcester aangehou is. Die kinders was glo onder haar toesig.

Die kinders is intussen deur maatskaplike werkers van die departement van maatskaplike ontwikkeling na ’n plek van veilige bewaring geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.