Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
NID-fietsteleton weer ’n reusesukses

Vrydag 31 Augustus en Saterdag 1 September was weer tyd vir die Nasionale Instituut vir Dowes (NID) se jaarlikse Fietsteleton-projek.

Die NID-fietsteleton is deel van die geldinsamelingsprojek vir die werk wat NID reeds van 1881 doen “om elke dowe sy volle potensiaal te laat bereik”.

Vanjaar herdenk die NID reeds 137 jaar van dienslewering aan dowes en mense met gehoorverlies in Suid-Afrika.

Dit is reeds die 13de jaar dat die Fietsteleton-geldinsamelingsprojek gehou word.

Vier spanne dowe ryers het vir 24 uur van Vrydag 14:00 tot Saterdag 14:00 in die Mountain Mill-winkelsentrum met oefenfietse teen mekaar meegeding om die verste afstand af te lê.

Die vier spanne het altesaam 4 015 km afgelê, maar dit was die span van De La Batskool wat Saterdag as die wenspan uit die stryd getree het nadat hy altesaam 1 032 km afgelê het.

Mense vanoor Suid-Afrika is in die Teleton geskakel en gevra om ’n bydrae tot die projek te lewer. Altesaam R196 000 is tot dusver belowe.

Dié projek se inkomste word aangewend vir die versorging van volwasse dowes met meervoudige gestremdhede (doof asook ander bykomende gestremdhede) in die NID-sorgafdeling.

Die NID is ’n organisasie sonder winsbejag en is afhanklik van die ondersteuning van individue, groepe, organisasies en maatskappye asook projekte soos hierdie om hulle in staat te stel om voortdurend dienste te kan lewer.

Die projek is steeds oop vir enigiemand wat graag steeds ’n bydrae wil lewer.

SMS of Whatsapp jou naam, van en bydraebelofte na 082 947 8846 waarna die bankbesonderhede sal volg.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Worcester Standard Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.